Die avonture van Pixie , Maxie Kabouter en hul maats

Eendag lank , lank gelede in Kabouerland was daar ‘n kabouter familie,
Pa Wouter en Ma Millie met boetie Pixie en sussie Maxie. Hulle bly in ‘n heerlike gesellige huisie in Groen Heuwel Vallei in Kabouterland.
Pa Wouter werk by Koning Sam in die groot paleis teen die berg, Pa Wouter maak die mooiste meubels en is baie handig met sy hande, hy kan sommer enigeiets regmaak.
Ma Millie maak weer die mooiste klere en Koninging Rosa kom gereeld dat Ma Millie vir haar klere maak, asook al die ander vrouens in Groen Heuwel Vallei.
Pixie is al in graad 4 en Maxie in graad 2.
Pixie is ‘n baie slim kabouterjie en is baie gewild omdat hy altyd vriendelik is en luister vir mamma en pappa. Hy het baie vriende in die bos en sy voëtjie vriende is vir hom besonder en dis so lekker om na Oupa Mos Mossie se stories te luister.
Karel kraai vlieg vinnig en lag oor Pixie se kop,” aag nee Karel wat maak jy” skree Pixie amper val ek! Karel gaan sit op ‘n tak “ Skuus Pixie maar ek het my boelam geskrik Oupa Uil skree al die hele oggend en jy weet daar word gesê as Oupa Uil so skree gaan iets slegs gebeur” hyg Karel Kraai.
“ Ag nee man Karel jy is sommer net bygelowig Oupa Uil is ‘n dierbare vriend en hy vertel altyd die oulikste stories”! Lag Pixie.
“Ek het die laksman laag sien vlieg oor die heuwels Pixie “: sê Karel Kraai
“En jy weet wat dit beteken ek dink Oupa Uil wil ons ander vriende waarsku
“Jy weet wat dit beteken nê” Laksman is honger en soek kos Tannie San Mossie se dogter Saartjie Mossie het laasweek ‘n tweeling gehad en Laksman hou van sy prooi jonk” hyg Karel Kraai. Nou skrik Pixie want hy weet van Laksman en dat hy geen genade het as hy honger is. “ Sal ons Saartjie Mossie gaan waarsku” vra Pixie, “ Ja sê Karel Kraai kom ons gaan, haar huisie is net om die draai”
Vinnig en bang harloop Pixie terwyl Karel kraai vinnig vooruit vlieg. Uitasem kom hulle by Saartjie Mossie se huisie aan “ Saartjie, Saartjie” roep hulle,
“ Wat skree julle so die tweeling slaap” sê sy streng. “ Byna gelyk vertel hulle haar van Laksman wat opsoek is na kos , verskrik hyg Saartjie na haar asem, “Ag jinne nee!” huil sy as Laksman opsoek is na kos is daar so min wat ons kan doen hy is so sterk” Huil Saartjie.
Pixie boor sy groottoon in die grond soos hy dink en skielik sê hy opgewonde “Ons kan Oupa Uil vra om hier oorkant jou huisie te kom sit en as hy Laksman gewaar moet hy sommer hard skree , Ek weet Laksman is nogal bygelowig “ giggel hy Karel en Saarjie kyk verwonderd na Pixie, Hy is reg dink Saartjie! Karel Kraai kry dadelik lewe “ Ek sal Oupa Uil gaan haal”
“Goed Karel, maar maak gou sê Pixie en Saartjie gelyktydig maar Karel vlieg al met ‘n spoed na Oupa Uil se huisie.
Saarjie maak vir haar en Pixie ‘n bietjie tee om hul senuwees te kalmeer, “Ai Pixie jy is so ‘n wonderlike vriendjie , baie dankie dat jy my kom waarsku het”Glimlag Saartjie en gee vir Pixie tee uit een van haar beste bekertjies.
Intussen vlieg Laksman stadig oor die heuwels, hy is so honger hy het dae laas iets ordentlik te ete gehad, die springkaan wat hy gevang het was hard en droog. As ek net ‘n baba voëltjie kan kry grinnik hy. Hy het gehoor dat Saartjie Mossie ‘n tweeling het as ek net een kan kry dink hy dan het sy mos nog ‘n kind, dink hy. Laksman het geen vriende in Groen Heuwel Vallei die voëltjie gemeenskap hier is baie bang vir hom en hy is eintlik baie eensaam.
“Ai as ek net vriende gehad het “ dink hy Maar almal is bang vir hom dis net Oupa Uil wat partykeer met hom praat maar hy wat Laksman is , is maar half skrikkerig vir Oupa Uil. Oupa Uil praat altyd met groot wysheid en het al vir hom wat Laksman is gepreek oor hy altyd ander voëltjies vang , dan hang hy hulle aan ‘n draad op om droog te word , dan eet hy hulle! “Laksman dis baie wreed wat jy aan die families in Groen Heuwel Vallei doen” het Oupa Uil kwaai gesê.” Kan jy nie maar net insekte vang soos van die ander voëls in die bos”
Laksman maak ‘n wye draai en sien Saartjie se huise in die verte, hy voel skuldig as hy aan Oupa Uil se woorde dink. Die volgende oomblik hoor hy hoe Oupa Uil begin skree, Laksman vlieg amper in ‘n boomtak vas! “Gonnatjie hoe skrik ek nou” dink hy. Wat maak Oupa Uil by Saartjie se huisie? wonder hy.
Hy sien vir Pixie en Karel Kraai ook daar “ hmmm dink hy dis weer daai skinderbek van ‘n Karel wat by Saarjie stories gaan aandra het , hy het gedink daar kom moeilikheid toe hy amper vanoggend in Karel vasgevlieg het”
Laksman dink “ Ek sal maar eers vir ander kos moet gaan soek hier gaan ek vandag gevang word en die Generaal Swaeltjie Spike is ‘n moeilike ou , hy sal my sommer dadelik in die tronk gooi”!
Generaal Swaeltjie Spike en sy troepe is vinnig oppad na Saartjiese huis, “vandag vang ek daai Laksman” dink hy. Karel Kraai het hom vinnig kom vertel wat aangaan en Generaal Spike het vinnig sy troepe bymekaar gemaak. Karel Kraai is ‘n skinderbek maar hy het al menigte vriende se lewens gered.
 

 

Leave a Reply

Translate »