ZITA PRETORIUS SE NUWE ENKELSNIT: HOEKOM MAAK JOU SOENE SEER

ZITA Pretorius keer na 4 jaar terug met haar nuutste enkelsnit, ‘HOEKOM MAAK JOU SOENE SEER’ en ons is opgewonde om hierdie enkelsnit vry te stel.

KORT BIOGRAFIE Sedert ZITA die Afrikaanse musiek mark in 2011 betreë het, groei sy van krag tot krag. ZITA spog met verskeie albums op haar kapstok en ook ‘n hoop nominasies en toekennings. Sy is vars, oorspronklik and steeds verrassend.

In 2010 is sy, bo verwagting, as die algehele wenner van die Opera-afdeling, asook die algehele kampioen by die Performing Arts se wêreldkampioenskappe in Los Angeles aangewys. Kort daarna het sy ’n duet-album, Die Engele Sing, saam met Rudi Claase opgeneem, wat goue status bereik het, en in 2012 was haar eerste solo-album, Skakerings van Dagbreek, op die rak. Laasgenoemde is benoem vir ’n Ghoema- asook ’n Tempo-toekenning. Intussen het sy ook al duette opgeneem saam met die Vlaamse sanger, Yannick Bovey, asook verskeie Afrikaanse sangers. ZITA het ook ‘n paar konsep-albums opgeneem o.a. De La Creme, saam met Corlea Botha en ook ‘n duet-album, Burgerd + Zita wat benoem was vir ‘n Tempo-toekenning.

Haar liefde vir musiek het baie vinnig in ‘n liefde vir musiekteater oorgespoel. ZITA was genooi om deel te vorm van die Gauteng Opera geselskap as ‘n solis en het in verkeie opera- en ander produksies haar verskyning gemaak as deel van hierdie geselskap, o.a. “L’elisir D’amore” en “Cula Msanzi”. Sy was ook te sien as Lilly in “Cradle Under the Shade”, ‘n Naledi genomineerde produksie, Nornia in “Don Pasquale” en Muzetta in Puccini se uitdagende “La Bohemè”. ZITA het in die 2017 produksie van die immergewilde afrikaanse musiekblyspel, “Houtkruis die Musical”, haar buiging as Katerina gemaak. Haar uiters suksesvolle eenmanvertoning, “ZITA goes Classics” was ook al te sien op die planke van o.a. die Atterbury teater.

MEER OOR HAAR ENKELSNIT: ‘HOEKOM MAAK JOU SOENE SEER’ Liefde is ‘n universele taal wat almal verstaan. ‘HOEKOM MAAK JOU SOENE SEER’ is ‘n emosionele wond wat handel oor die bitter seer waarmee baie mense hulle kan vereenselwig. Liefdeloosheid wat jou soveel te meer laat wonder waar is die rooskleurige liefde nou heen? Die stryd om teen oppervlakkige woorde en leë beloftes te stoei. Daar is vrae sonder antwoorde, soms so onregverdig, pynigend, en vol seerkry.

Met ‘n oorspronklike nuutskepping deur Johan Oberholzer, en produksie deur Murray Lubbe, dra haar nuutste enkelsnit die stempel van kontemporêre, klassieke varsheid. Hierdie enkelsnit bied klankvernuwing in Afrikaanse musiek! ‘HOEKOM MAAK JOU SOENE SEER’ is

klassiek-gepoets met groot stryk- en orkesverwerkings deur Maestro Eddie Clayton. Dit is ‘n reuse produksie waarby van die land se beste musikante betrokke was.

Binnekort beskikbaar op iTunes, Google Play en ander digitale verspreiding. Die musiekvideo is ook hier te sien: https://youtu.be/PdjqWQxo0DA

LIED KREDIETE KUNSTENAARS NAAM ZITA PRETORIUS LIEDJIE TITEL HOEKOM MAAK JOU SOENE SEER KOMPONIS JOHAN OBERHOLZER UITGEWER UNIVERSAL MUSIC PUBLISHING IRSC CODE ZA-8ML-18-00001

WEBWERF EN SOSIALE MEDIA

Showreel link: https://youtu.be/zMDFJ9WUSsQ Website: www.zita.co.za Facebook: https://www.facebook.com/ZitaPretoriusOfficial Twitter: https://twitter.com/zitapretorius Instagram: https://www.instagram.com/zitapretorius YouTube: https://www.youtube.com/user/zitapretorius iTunes: https://itunes.apple.com/za/artist/zita-pretorius/481148371 https://itunes.apple.com/za/artist/burgerd-zita/926468962 https://itunes.apple.com/ug/artist/rudi-en-zita/454802163

Leave a Reply

Translate »