PLAK ’N PLEISTER?


Nie alles in die lewe moet ’n opwindende tuimeltrein wees nie, inteendeel, daar is fondamentele beginsels wat ononderhandelbaar is.  Maar dan is daar aspekte van die lewe wat van jou verwag om buite die boks te dink. Om buite die boks te dink beteken nie dat jy reëls moet breek of iemand opsetlik teë gaan nie. Dit verwag van jou om anders te dink, dieper te delf en nie net dadelik tevrede te wees met die eerste antwoord wat opkom nie.

Almal het vrae… en Riekert Botha het aangebied om dit te beantwoord met die Waarheid as kompas: SY naam is Jesus Christus!

Riekert, aanbieder van die gewilde radioprogram Pleisters vir die Siel, het vir meer as 50 vreemdelinge kans gegee om hul vrae te vra tydens ’n drie dae lange opname in die ateljee van RoepTV.com vir ’n visuele weergawe van dié geliefde program. Hy antwoord gaste op die ingewing van die oomblik, sonder enige vooraf kennis in verband met dit wat gevra gaan word.

In die program Pleisters vir die siel sien ons hoe God soms die mees onwaarskynlike situasie, gedagte of mens gebruik om ’n ongelooflike uitkoms te bemeester. Daar word harde vrae gevra oor: gelowiges wat siek word en sterf, verslawing in alle vorme, tattoos:reg of weg? Altesame 50 interessante vrae met lewensveranderende antwoorde!

Wat is daardie een vraag in jou lewe wat konstant opkom en soek na ‘n antwoord? Watter klein verandering kan jy maak om ’n groot resultaat in jou lewe te bewerkstellig? Wat is die een ding waarna jy smag, maar nie dadelik ’n uitweg voor sien nie? Wat dit ookal is, kom dink buite die boks saam met Pleisters vir die siel nét op RoepTV.com!

Moet nie net teen die probleem vaskyk nie, skakel in op www.RoepTV.com en vertrou God vir ‘n ongewone antwoord en uitkoms! 

Geniet Pleisters vir die siel eksklusief op RoepTV.com deur die nuwe Android TV Slimboks aan te skaf! Dit kan jou gewone slimTV nog slimmer maak met vinnige opstel en vinnige vermaak.

Hierdie toestelle is reeds getoets vir verenigbaarheid met RoepTV.com en is beskikbaar by die onderstaande skakels:

  1. Xiaomi Mi TV Box (voorgestelde handelsprys R1 499.00)
  2. MECOOL KM8 TV Box (voorgestelde handelsprys R1 550.00)
  3. Telkom Lit Box (net in Telkom winkels beskikbaar)

As jy nog nie die Roep Toep afgelaai het nie, is dit nou jou kans. Klik en laai ons RoepTV.com Slimfoon Toeps af beskikbaar in die Apple store en Google play store.   Kyk gratis na al die RoepTV.com lokprente, ontmoet die RoepTV.com aanbieders of volg ons op sosiale media en kom wees deel van hierdie onvergeetlike reis!  Vat RoepTV.com enige tyd, enige plek saam met jou.

Volg RoepTV.com op die sosiale media skakels:

Website

Facebook 

Instagram 

Twitter

Kyk gerus na die inhoud van RoepTV.com op hierdie skakel

Kyk Pleisters vir die siel https://streaming.roeptv.com/movie/pleisters-vir-die-siel

Leave a Reply

Translate »