Moedige Cheree McEwen is ‘n vegter wat nie opgee met metastatiese melamoon kanker.

Cheree Mc Ewen glo kanker het haar baie geleer oor die lewe. Haar geloof en positiewe gesindheid inspireer en sy versprei ‘n boodskap van Hoop op haar facebook blad, waar mense haar kanker reis met graad vier metastatiese melanoom kan volg. Sy bemoedig ander om ten spyte van hulle omstandighede net nooit op te gee nie en te klou aan God se beloftes.

Cheree was drie jaar terug met graad drie melanoom gediagnoseer toe sy Dr toe is oor ‘n moesie wat op haar arm verskyn het. Toe die biopsie gedoen is waS die tumor al klaar die grootte van ‘n tennisbal. ‘n Flikkergram het ook ander letsels in haar liggaam opgetel en sy het ekstensiewe chirurgie ondergaan om alles te verwyder.

Na die operasiewonde begin genees het, is Cheree vir ses weke van intensiewe daaglikse chemoterapie in Johannesburg opgeneem, behalwe dat die newe effekte haar moeg en tam gemaak het, was sy terselftertyd besig om te skei en het sy ook geen mediese fonds gehad nie. Sy het toe ook toesig oor haar twee kinders Josh en Luke verloor, weens haar fisiese en finansiële omstandighede. Sy moes ophou onderwys gee, wat sy vir veertien jaar lank as beroep beoefen het.

Verspreiding na Cheree se limfkliere was aggressief ten spyte van die behandeling en toe was verdere chirurgie benodig om agtien limfkliere te verwyder.  Daarna is Cheree op interferon geplaas waar nege inspuitings drie keer per week toegedien moes word vir ‘n jaar lank. Dit het geblyk om te help, maar Cheree was telke maal opgeneem met simptome van nier en hartversaking. Die chemoterapie het veroorsaak dat sy baie bloed verloor het en ‘n histerektomie is toe ook benodig. Vier weke na die operasie is daar weer letsels in haar lies, knie, femur en bobeen opgemerk. Die biopsie het getoon dat dit metastatiese melanoom is.

Toe is Cherie op DTIC chemo vir vier maande by Frere hospitaal geplaas, maar moes maandeliks nog op en af vlieg Johannesburg toe vir die interferon, as gevolg van administratiewe rondslomp aangaande die oorplasing van haar lêer vanaf Johannesburg na Oos London toe. Hierdie chemo het nie gewerk nie en haar kanker telling het verdriedubbel. Die kanse dat die chemo sou gewerk het was ook maar net vyftien persent. Die onkoloog het toe voorgestel om chemoterapie te staak en nie verder te gebruik nie, aangesien dit nie gewerk het nie en toe besluit Cheree om natuurlike behandelings te volg, aangesien sy ook nie geld of ‘n mediese fonds gehad het nie. Die enigste beskikbare staats-chemoterapie het ook nie vir haar gewerk nie.

Na ‘n jaar se interferon en baie gesukkel het die Oos-Kaap uiteindelik Cheree se lêer oorgeneem. Toe het daar ‘n groot tumor in haar hand gevorm, wat drie keer verwyder was, maar elke keer terug gegroei het, sowel as die wat  in die knie en in die been was.
‘n Verdere skandering het toe opgetel dat die kanker versprei het na die palm, haar knie, femur, heupe, bekenbeen en haar blaas. Die dokters het toe gesê hulle kan nie iets doen om die verspreiding te keer nie, omdat die chemo nie gewerk het nie.

Cheree moes toe besluit om eerder net positief te bly, gesond te eet en maar deur die stryd te veg. Die tumor in die  hand het so groot geword dat dit weer verwyder moes word. Cheree het drie chirurge geraadpleeg en toe het Dr Perks, ‘n plastiese chirurg in Oos London, die tumor verwyder en ‘n veloorplanting van haar bobeen se vel oor die palm se wond gedoen. Hy het ook ‘n tumor in die knie verwyder. Cheree sukkel nog met die totale genesing daarvan en met pyn en omdat sy met haar hande werk gaan dit moeilik. Om bietjie geld in te bring na sy die onderwys moes los, het sy haar eie besigheid op die been gebring, nadat sy opgelei is om permanente grimering te doen, tatoeëring te verwyder, microblading, microneedling en DermapLane is ook behandeling wat sy aanbied. Sy werk van die huis af in Queenstown en een keer per maand in Oos London vanaf ‘n salon in Baysville, letterlik net om dokters rekeninge te betaal.

Onlangs het sy uitgevind dat die kanker nog verder versprei het na haar pols en ander plekke en ‘n biopsie het getoon dat dit wel nog metastiese melanoom is, dat dit aktief versprei en dat hulle nie verdere operasies gaan oorweeg of doen nie. Cheree sukkel huidiglik met pyn en erge moegheid en oorweeg die opsie van Immunoterapie, maar dit kos tussen een en drie miljoen rand. Cheree het hope mediese rekeninge wat opgebou het as gevolg van die biopsies, bloed toetse, operasies, ens. Na die operasie in haar hand kon sy ook nie vir ‘n maand of twee werk nie en het dus in daardie tydperk glad nie ‘n inkomste verdien nie.

Cheree vind dit al hoe moeiliker om te werk en optimaal te funksioneer en reik uit vir enige bereidwillige finansiële hulp om rekeninge te betaal en vir moontlike beskikbare behandeling wat haar kan help. Cheree het al vyftien operasies in vyftien jaar gehad, wat hulle tol fisies, psigies en finansieël ge-eis het. Cheree sê sy is geseënd dat sy nou ‘n wonderlike man ontmoet het wat haar ondersteun en lief is vir haar. Sy en Donovan is onlangs verloof. Hy het ook twee kinders van sy eie uit ‘n vorige huwelik en is nie finansiëel sterk genoeg om haar mediese omkostes te dek nie. Cheree is dankbaar vir die wonderlike ondersteuningstelsel wat sy het, haar sussie en niggies, so wel as haar vriendinne en mede kankervegters.

Ten spyte van die aanhoudende aanslae, slegte nuus oor die aggressiewe verspreiding van die kanker, erge moegheid en daaglikse stryd om net deur die dag te kom met min energie ,veeleisende werk en vir haar twee kinders te sorg en met hulle kwaliteit tyd te spandeer, bly Cheree positief en sê dat negentig persent van die kankerstryd in mens se gedagtes is .

Sy versprei deurentyd hoop vir ander met die boodskap dat mens die stryd dapper met geloof moet stry en dat mens nooit moet moed opgee nie.cheree.pringle@gmail.com

Elizabeth Welch (Lizzy)

Gedurende Cheree se kanker reis het sy weer liefde gevind.

Leave a Reply

Translate »