Anne Spinas se kankerreis

Op die 19de Oktober 2013 het Anne besluit om ‘n tattoëring van ‘n skoenlapper op die regterkant van haar middellyf te kry. Sy het ‘nemosionele jaar beleef en besluit om iets te doen wat nie in haar gewone geaardheid was nie. Sy noem dit haar “midlife crisis” op 28.

Toe sy by die huis kom, het sy n klont onder haar linker kieliebak gevoel. Sy is die volgende dag Dr toe en hy het geadviseer dat dit ‘n reaksie van die tatoëring kon wees, maar ook gesê dat sy terug moes keer na hom toe indien die swelsel nie binne ‘n week weg was nie. Die klont het intussen groter geword en ‘n week later het hy ‘n sonarskandering aangevra maar die resultate was onduidelik. Op die 30ste Oktober 2013 is die klont onder die arm verwyder en weggestuur vir toetse.

Anne het na die operasie tydens die wagperiode om die uitslae te kry angs ervaar omdat albei haar ouma en oupa aan kanker oorlede is. Op die 6de November 2013 is Anne terug na haar chirurg toe, waar die genesing van haar wond ondersoek sou word. Anne sê dat sy daardie dag vir die res van haar lewe nooit sal vergeet nie. “Terwyl ek by sy lessenaar gesit en oor die operasie met hom gesels het, het hy ‘n oproep ontvang en vir die persoon aan die ander kant gesê dat sy te jonk is vir die tipe kanker. Hy het my toe gevra om vir hom al die moesies op my liggaam te wys.Die chirurg het toe die persoon verwittig dat daar geen abnormale moesies op my liggaam is nie en die oproep is beeindig.”

Anne is ingelig dat die chirurg met die patoloog gepraat het wat haar tumor ondersoek het and haar vertel dat sy Amelontiese melanoom tipe kanker onder lede het. Anne wou weet watter stadium, maar hy het laat weet dat hulle nog verdere toetse op die tumor doen. Dit is waar haar kankerreis begin het – stadium 3 Amelontiese melanoom.

In Desember 2013 het Anne elke dag vir ‘n maand lank bestraling op haar nek, skoueren onder haar arm gekry.In Januarie van 2014 is daar chemoterapie vir vier ure daagliks vir n maand toegedien. In Maart 2014 het haar groot reis met die K gevorder en moeilik gegaan. Anne moes vir ‘n jaar lank daagliks haarself met interferon spuit. Anne sê “die pyn wat die behandeling vir my veroorsaak het, kan ek nie eers begin beskryf nie. Mens se hele liggaam klop en al die bene pyn onuithoudelik en basies niks het vir my verligting gebring nie.” Die inspuitingkursus is in April 2015 voltooi.

Anne het vir haar gereelde opvolgondersoeke elke vier maande gegaan en haar kanker telling was stabiel en haar CT skanderings normaal. Anne was in remissie. Op die 23 Februarie 2017 het Anne vir haar CT skandering gegaan omdat sy die onkoloog op die 24 Februarie weer moes sien.Sy sê “Ek is ‘n ongeduldige mens en het na my uitslae gekyk. Die skandering het vier tumors op my longe opgetel. My regte long het drie tumors gehad en my linker een die grootste een. Ek was so bang omdat die kanker na my organe toe versprei het. Ek was in isolasie geplaas en het eerlik gedink dat ek die dood in die gesig staar. Familie wat gekuier het, was in trane. Ek het sleg gelyk, so hulle het ook gedink dat dit die einde was vir my.”

Anne se chemoterapie is in September van 2017 voltooi. In Desember van 2017 is Anne weer vir ‘n CT skandering en het sy haar ma gevra om na die uitslae te kyk omdat sy te bang was om dit self te doen. Nadat sy dit lees, het haar ma haar skootrekenaar op haar skoot neergesit, vir haar gekyk en geglimlag.

Anne sê “ek kan nie vir jou sê hoe gelukkig ek binne my gevoel het toe ek die onkoloog die volgende dag gesien het nie. Sy het ook geglimlag en my verwiitig dat ek geen letsels op my longe meer het nie, een in ‘n miljoen wat na die behandeling wat ek ontvang het geen visuele tekens meer het dat ek wel kanker gehad het nie. Dit was die beste nuus wat ek in my hele lewe gekry het.”Anne sê dat die kanker haar meer dankbaar gemaak het vir die klein dingetjies in die lewe, dankbaar dat sy elke dag wakker word en geseënd is. Die kankerreis haar ook sterker gemaak. Haar persepsie van die lewe het verander en sy leef vir die oomblik omdat môre nie gewaarborg is nie.Anne bemoedig kankervegters met raad wat hulle miskien kan baat wanneer hulle hulp nodig het met hul eie reise. 

Anne se dieët het heeltemal verander en sy eet glad nie meer enige verwerkte voedsel of geblikte kosse nie.Sy maak al haar eie souse van natuurlike produkte en probeer om ook rooivleis so ver moontlik te vermy. Sy drink haar dekafineerde koffie en sê dit is een plesier wat sy nie uit haar lewe kan sny nie. Anne sê “ek het nader aan God gegroei gedurende hierdie laaste vyf jaar. My geloof is versterk en in so baie opsigte hernu. God het ‘n wonderwerk vir my gegee, die wonderwerk van lewe en ek is geseënd om die geskenk te ontvang het.”

Toe Anne in 2017 gediagnoseer is, was sy vertel dat sy net twee jaar het om te lewe. In Augustus van 2017 het haar onkoloog haar adviseer dat haar tipe kanker baie goed reageer op die beskikbare chemoterapie middels en dat daar nog drie ander middels op die mark beskikbaar is wat probeer kan word sou haar kanker ooit terugkeer. Nog goeie nuus wat bydra tot haar wonderwerk is dat haar onkoloog in Februarie 2018 gesê het dat daar nou nog twee aktiewe chemoterapie middels op die mark beskikbaar gemaak is wat sy ook sal kan gebruik indien dit benodig word. 

Om op te som het Anne se onkoloog gesê dat Anne haar dogter sal kan sien grootword, sien hoe sy skool en universiteit voltooi, verlief raak en trou en tot tyd met haar kleinkinders sal kan spandeer. Hierdie nuus is ‘n wonderwerk en Anne sê ” Ek het net die Here om hiervoor te dank. Ek is dankbaar en gesëend “

Elizabeth Welch (Lizzy)

Leave a Reply

Translate »